Afrikaans Bible

JESAJA 18

JESAJA

Return to Index

Chapter 19

1


 

  Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op 'n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.  

 

 

--

2


 

  En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.  

 

 

--

3


 

  En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.  

 

 

--

4


 

  En Ek sal Egipte oorgee in die hand van 'n harde meester, en 'n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here HERE van die leërskare.  

 

 

--

5


 

  En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.  

 

 

--

6


 

  En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.  

 

 

--

7


 

  Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.  

 

 

--

8


 

  En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.  

 

 

--

9


 

  En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.  

 

 

--

10


 

  En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.  

 

 

--

11


 

  Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is 'n seun van die wyse manne, 'n seun van die konings uit die voortyd?  

 

 

--

12


 

  Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat 'n mens kan weet wat die HERE van die leërskare oor Egipte besluit het.  

 

 

--

13


 

  Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op 'n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.  

 

 

--

14


 

  Die HERE het daarin 'n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op 'n dwaalweg gebring in al sy werk, soos 'n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.  

 

 

--

15


 

  So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie.  

 

 

--

16


 

  In die dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.  

 

 

--

17


 

  En die land Juda sal vir die Egiptenaars 'n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.  

 

 

--

18


 

  In die dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kana„n spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.  

 

 

--

19


 

  In die dag sal daar 'n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en 'n gedenksteen vir die HERE by die grens.  

 

 

--

20


 

  En dit sal wees 'n teken en 'n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle 'n redder stuur en 'n stryder wat hulle sal verlos.  

 

 

--

21


 

  En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in die dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.  

 

 

--

22


 

  En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.  

 

 

--

23


 

  In die dag sal daar 'n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien.  

 

 

--

24


 

  In die dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, 'n seën in die midde van die aarde,  

 

 

--

25


 

  omdat die HERE van die leërskare hom geseënhet, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!  

 

 

--

JESAJA 20

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: