Afrikaans Bible

ESEGIËL 25

ESEGIËL

Return to Index

Chapter 26

1


 

  En in die elfde jaar, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesĂȘ:  

 

 

--

2


 

  Mensekind, omdat Tirus oor Jerusalem geroep het: Ha, ha! die poort van die volke is gebreek, dit is na my toe gedraai; ‚k sal vol word, dit is verwoes --  

 

 

--

3


 

  daarom, so sĂȘ die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus! en Ek laat baie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek.  

 

 

--

4


 

  Hulle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; ja, Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom 'n kaal rots maak.  

 

 

--

5


 

  Hy sal binne-in die see 'n droogmaakplek van nette wees; want Ek het dit gesĂȘ, spreek die Here HERE; en hy sal 'n buit vir die nasies wees.  

 

 

--

6


 

  En sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.  

 

 

--

7


 

  Want so sĂȘ die Here HERE: Kyk, Ek laat Nebukadr‚sar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af teen Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en 'n menigte en baie mense.  

 

 

--

8


 

  Hy sal jou dogters op die land met die swaard doodmaak en forte teen jou opstel en 'n wal teen jou opwerp en die skilddak teen jou oprig.  

 

 

--

9


 

  En hy sal die stoot van sy stormram teen jou mure rig en jou torings met sy breekysters afbreek.  

 

 

--

10


 

  VanweĂ« die menigte van sy perde sal hulle stofwolk jou oordek; jou mure sal bewe vanweĂ« die gedruis van ruiters en wiele en strydwaens as hy deur jou poorte intrek, soos 'n mens indring in 'n stad wat oopgebreek is.  

 

 

--

11


 

  Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak, en jou trotse klippilare sal op die grond val.  

 

 

--

12


 

  En hulle sal jou rykdom buitmaak en jou koopware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger.  

 

 

--

13


 

  En Ek sal die geruis van jou liedere laat ophou, en die klank van jou siters sal nie meer gehoor word nie.  

 

 

--

14


 

  Ja, Ek sal jou 'n kaal rots maak, 'n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die HERE, het dit gesĂȘ, spreek die Here HERE.  

 

 

--

15


 

  So sĂȘ die Here HERE aan Tirus: Sal die kuslande nie bewe van die geluid van jou val, as die gewondes kerm, as hulle 'n moord in jou aanrig nie?  

 

 

--

16


 

  Dan sal al die vorste van die see van hulle trone afklim en hulle mantels afhaal en hulle veelkleurige klere uittrek; met siddering sal hulle beklee word, op die grond sal hulle sit en elke oomblik sidder en oor jou verbaas wees.  

 

 

--

17


 

  En hulle sal 'n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sĂȘ: Hoe het jy vergaan wat bewoon was uit die seĂ«, hoog geroemde stad; wat sterk was deur die see, hy en sy inwoners, wat die skrik vir hulle ingeboesem het by al die kusbewoners.  

 

 

--

18


 

  Nou sal die kuslande sidder op die dag van jou val; en die kuslande wat aan die see is, sal verskrik word oor jou uiteinde.  

 

 

--

19


 

  Want so sĂȘ die Here HERE: As Ek jou 'n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek;  

 

 

--

20


 

  dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.  

 

 

--

21


 

  Maar jou sal Ek tot 'n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie meer gevind word nie, spreek die Here HERE.  

 

 

--

ESEGIËL 27

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: