Afrikaans Bible

HOSEA 7

HOSEA

Return to Index

Chapter 8

1


 

  Die basuin aan jou mond! Soos 'n arend skiet dit neer op die huis van die HERE! Omdat hulle my verbond oortree het en teen my wet gesondig het.  

 

 

--

2


 

  My roep hulle toe: My God, ons, Israel, ken U.  

 

 

--

3


 

  Israel het die goeie verwerp -- die vyand sal hom agtervolg!  

 

 

--

4


 

  Hulle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder my wete; van hul silwer en goud het hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderf.  

 

 

--

5


 

  Jou kalf, o Samar¡a, is afskuwelik; my toorn is teen hulle ontvlam. Hoe lank sal hulle tot reinheid onbekwaam wees?  

 

 

--

6


 

  Want dit is ook uit Israel: 'n smid het dit gemaak, en dit is geen god nie; maar tot splinters sal dit word -- die kalf van Samar¡a.  

 

 

--

7


 

  Want hulle saai wind, maar hulle sal storm maai; dit het geen halm nie; wat uitspruit, lewer geen meel op nie; selfs as dit iets oplewer, sou vreemdelinge dit verslind.  

 

 

--

8


 

  Israel is verslind; alreeds is hulle onder die volke soos iets wat waardeloos is.  

 

 

--

9


 

  Want hulle het opgetrek na Assur -- 'n wilde-esel wat eiesinnig rondloop, is Efraim! -- hulle het onwettige bondgenootskappe gewerf.  

 

 

--

10


 

  Ook al werf hulle onder die volke, Ek sal hulle nou saamraap, en hulle sal begin minder word weens die laste deur die koning van die vorste opgelê.  

 

 

--

11


 

  Want Efraim het die altare vermenigvuldig om te sondig -- die altare het vir hom tot sonde geword.  

 

 

--

12


 

  Ek het hom tien duisende leringe van my wet voorgeskrywe, maar dit word as iets vreemds geag.  

 

 

--

13


 

  Slagoffers, My aangebied, offer hulle -- vleis is dit, en hulle eet; die HERE het geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen; hulle sal teruggaan na Egipte.  

 

 

--

14


 

  Omdat Israel sy Maker vergeet en paleise gebou het, en Juda 'n menigte versterkte stede, daarom sal Ek 'n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.  

 

 

--

HOSEA 9

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: