Afrikaans Bible

HOSEA 8

HOSEA

Return to Index

Chapter 9

1


 

  Wees nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, want jy het gehoereer van jou God af weg; jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.  

 

 

--

2


 

  Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.  

 

 

--

3


 

  Hulle sal in die land van die HERE nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.  

 

 

--

4


 

  Hulle sal vir die HERE geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die HERE kom nie.  

 

 

--

5


 

  Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van die HERE?  

 

 

--

6


 

  Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.  

 

 

--

7


 

  Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar! Die profeet word 'n dwaas, die man van die gees 'n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.  

 

 

--

8


 

  Efraim is 'n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van 'n voëlvanger is op al sy weë gesprei, vyandskap in die huis van sy God.  

 

 

--

9


 

  Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van G¡bea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.  

 

 

--

10


 

  Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar hulle het na Baäl-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en 'n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.  

 

 

--

11


 

  Efraim -- sy heerlikheid sal wegvlieg soos 'n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie!  

 

 

--

12


 

  Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.  

 

 

--

13


 

  Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in 'n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.  

 

 

--

14


 

  Gee hulle, o HERE -- wat sal U gee? -- gee hulle 'n kinderlose moederskoot en uitgedroogde borste.  

 

 

--

15


 

  Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.  

 

 

--

16


 

  Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.  

 

 

--

17


 

  My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.  

 

 

--

HOSEA 10

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: