Afrikaans Bible

HOSEA 9

HOSEA

Return to Index

Chapter 10

1


 

  Israel was 'n weelderig uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het; hoe meer vrug hy gedra het, des te meer altare het hy gebou; hoe beter dit met sy land gesteld was, des te beter het hy die klippilare gemaak.  

 

 

--

2


 

  Vals is hulle hart; nou sal hulle daarvoor boet; Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes.  

 

 

--

3


 

  Ja, nou sal hulle sê: Ons het geen koning nie, want ons het die HERE nie gevrees nie; en die koning -- wat sou hy vir ons kan doen?  

 

 

--

4


 

  Hulle het groot woorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit -- en soos 'n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye.  

 

 

--

5


 

  Oor die kalf van Bet-Awen sal die inwoners van Samar¡a besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is.  

 

 

--

6


 

  Hy sal ook self na Assur weggevoer word as 'n geskenk aan koning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit.  

 

 

--

7


 

  Samar¡a word vernietig, sy koning is soos 'n spaander op die water.  

 

 

--

8


 

  En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; en hulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!  

 

 

--

9


 

  Sedert die dae van G¡bea het jy gesondig, o Israel! Daar staan hulle -- moet die stryd teen die kwaaddoeners hulle nie oorval in G¡bea nie?  

 

 

--

10


 

  Dit is my begeerte om hulle te tugtig, en volke sal teen hulle versamel word as hulle gebind word aan hulle twee ongeregtighede.  

 

 

--

11


 

  Maar Efraim is 'n geleerde jong koei wat gewillig dors; nogtans sal Ek self oor haar mooi nek gaan: Ek sal Efraim laat trek; Juda sal die ploeg trek, Jakob sal die eg sleep.  

 

 

--

12


 

  Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle 'n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.  

 

 

--

13


 

  Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde.  

 

 

--

14


 

  Daarom sal daar oorlogsrumoer onder jou volke ontstaan en al jou vestings verwoes word net soos Salman Bet-Arbel verwoes het in die dag van oorlog: moeders is met kinders en al verpletter.  

 

 

--

15


 

  Net so het Bet-el aan julle gedoen weens julle ontsettende boosheid; in die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel.  

 

 

--

HOSEA 11

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: