Afrikaans Bible

HOSEA 10

HOSEA

Return to Index

Chapter 11

1


 

  Toe Israel 'n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.  

 

 

--

2


 

  Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van hulle af weggeloop; hulle het aan die Ba„ls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan.  

 

 

--

3


 

  En Ek self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie.  

 

 

--

4


 

  Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.  

 

 

--

5


 

  Hy sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur -- die sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer.  

 

 

--

6


 

  En die swaard sal geswaai word in sy stede en sy grendels vernietig en verteer weens hulle planne.  

 

 

--

7


 

  Want my volk dwing om van My afvallig te word; en as die profete hom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie.  

 

 

--

8


 

  Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Sebo‹m: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek.  

 

 

--

9


 

  Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie 'n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.  

 

 

--

10


 

  Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos 'n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom.  

 

 

--

11


 

  Hulle sal sidderende aankom soos 'n voëltjie uit Egipte en soos 'n duif uit die land Assur; en Ek sal hulle laat woon in hulle huise, spreek die HERE.  

 

 

--

12


 

     

 

 

--

HOSEA 12

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: