Afrikaans Bible

HOSEA 11

HOSEA

Return to Index

Chapter 12

1


 

  Efraim het My omsingel met leuens, en die huis van Israel met bedrog; terwyl Juda nog altyd bandeloos is teenoor God, ja, teenoor die Allerheiligste, die Getroue.  

 

 

--

2


 

  Efraim hou hom besig met wind, en hy agtervolg die oostewind; die hele dag vermeerder hy leuens en geweld, en hulle sluit 'n verbond met Assur, terwyl olie na Egipte gevoer word.  

 

 

--

3


 

  Die HERE het ook 'n twis met Juda, en Hy sal oor Jakob besoeking doen volgens sy weë, hom vergelde na sy dade.  

 

 

--

4


 

  In die moederskoot het hy sy broer by die hakskeen gehou, en in sy manlike krag het hy met God geworstel.  

 

 

--

5


 

  Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek. By Bet-el het hy Hom gevind, en daar het Hy met ons gespreek.  

 

 

--

6


 

  En HERE God van die leërskare, HERE is sy gedenknaam.  

 

 

--

7


 

  En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God.  

 

 

--

8


 

  Kanaän -- in sy hand is daar 'n valse weegskaal, hy hou daarvan om af te pers.  

 

 

--

9


 

  Maar Efraim sê: Tog het ek ryk geword, ek het vir my 'n vermoë verwerf. Alles wat ek verwerf het, is nie genoeg om op my enige sondeskuld te lê nie.  

 

 

--

10


 

  Maar Ek is die HERE jou God van Egipteland af, Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die huttefees.  

 

 

--

11


 

  Ek het ook tot die profete gespreek, en Ek het gesigte vermenigvuldig en deur middel van die profete gelykenisse voorgedra.  

 

 

--

12


 

  Was G¡lead goddeloosheid hulle het louter nietigheid geword. In Gilgal het hulle beeste geoffer; so sal dan hulle altare wees soos kliphope op die vore van die landerye.  

 

 

--

13


 

  En Jakob het gevlug na die veld van Aram, en Israel was diensbaar vir 'n vrou as loon, en vir 'n vrou het hy vee opgepas.  

 

 

--

14


 

  Maar deur 'n profeet het die HERE Israel uit Egipte laat optrek, en deur 'n profeet is hulle opgepas. [ (Hosea 12:15) Efraim het die HERE bitterlik geterg; daarom sal Hy sy bloedskulde op hom laat neerkom, ja, sy Here sal hom vir die aangedane smaad vergelde. ]  

 

 

--

HOSEA 13

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: