Afrikaans Bible

HOSEA 14

JOËL

Return to Index

Chapter 1

1


 

  Die woord van die HERE wat tot Joël, die seun van P‚tuel, gekom het.  

 

 

--

2


 

  Hoor dit, o oudstes, en luister, alle inwoners van die land! Het so iets ooit in julle dae of in die dae van julle vaders plaasgevind?  

 

 

--

3


 

  Vertel daarvan aan julle kinders, en julle kinders aan hulle kinders, en hulle kinders aan die volgende geslag:  

 

 

--

4


 

  Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind.  

 

 

--

5


 

  Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is.  

 

 

--

6


 

  Want 'n sterk en ontelbare nasie het opgetrek oor my land; sy tande is leeutande, en dit kan byt soos 'n leeuin.  

 

 

--

7


 

  Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit het  l sy bas afgeskil en weggegooi; die lote daarvan het wit geword.  

 

 

--

8


 

  Weeklaag soos 'n jonkvrou wat oor die bruidegom van haar jeug met 'n roukleed omgord is.  

 

 

--

9


 

  Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die HERE; die priesters, die dienaars van die HERE, treur.  

 

 

--

10


 

  Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.  

 

 

--

11


 

  Die landbouers staan beskaamd, die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore is.  

 

 

--

12


 

  Die wingerdstok het verdor, en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af.  

 

 

--

13


 

  Omgord julle en klaag, o priesters! Huil, dienaars van die altaar! Kom, vernag in rouklere, dienaars van my God! Want die spysoffer en die drankoffer is geweer van die huis van julle God.  

 

 

--

14


 

  Heilig 'n vasdag, roep 'n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE.  

 

 

--

15


 

  Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE, en hy kom soos 'n verwoesting van die Almagtige.  

 

 

--

16


 

  Is die spys nie weggeruk voor ons oë nie, blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God?  

 

 

--

17


 

  Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.  

 

 

--

18


 

  Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.  

 

 

--

19


 

  Tot U, o HERE, roep ek, want 'n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en 'n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.  

 

 

--

20


 

  Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en 'n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.  

 

 

--

JOËL 2

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: