Afrikaans Bible

MIGA 1

MIGA

Return to Index

Chapter 2

1


 

  Wee die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môre lig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand.  

 

 

--

2


 

  Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel.  

 

 

--

3


 

  Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal 'n tyd van onheil wees!  

 

 

--

4


 

  In die dag sal hulle 'n spotlied oor julle aanhef en 'n klaaglied sing: Dit is gedaan -- sal hulle sê -- ons is heeltemal verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit.  

 

 

--

5


 

  Daarom sal daar vir jou niemand wees wat die meetsnoer werp in 'n erfdeel in die vergadering van die HERE nie.  

 

 

--

6


 

  Moet nie profeteer nie! sê die valse profete. As 'n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie!  

 

 

--

7


 

  Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou die HERE dan ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik teenoor hom wat as opregte wandel nie?  

 

 

--

8


 

  Maar reeds vroeër het my volk vyandig opgetree. Julle pluk die mantel af, weg van die kleed van die wat in gerustheid verbygaan, wat afkerig is van oorlog.  

 

 

--

9


 

  Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg in ewigheid.  

 

 

--

10


 

  Staan op en gaan heen! Want nie hi‚r is die rusplek nie, weens die onreinheid wat verwoesting aanrig, ja, 'n onherstelbare verwoesting.  

 

 

--

11


 

  As iemand wind nawandel en bedrieglik lieg en sê: Ek sal vir jou profeteer by wyn en sterk drank -- dan sou hy vir hierdie volk 'n profeet wees!  

 

 

--

12


 

  Gewis sal Ek jou geheel en al versamel, o Jakob! Gewis sal Ek vergader die oorblyfsel van Israel; almal bymekaarbring soos skape in 'n kraal, soos 'n kudde in sy weiveld; en dit sal dreun van mense.  

 

 

--

13


 

  Die deurbreker sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle koning sal voor hulle uit gaan, en die HERE heeltemal vooraan.  

 

 

--

MIGA 3

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: