Afrikaans Bible

MATTHEUS 21

DIE EVANGELIE VOLGENS MATTHEUS

Return to Index

Chapter 22

1


 

  En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:  

 

 

--

2


 

  Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het  

 

 

--

3


 

  en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.  

 

 

--

4


 

  Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.  

 

 

--

5


 

  Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en 'n ander na sy handelsaak.  

 

 

--

6


 

  En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.  

 

 

--

7


 

  Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.  

 

 

--

8


 

  Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.  

 

 

--

9


 

  Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.  

 

 

--

10


 

  En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.  

 

 

--

11


 

  En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.  

 

 

--

12


 

  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.  

 

 

--

13


 

  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  

 

 

--

14


 

  Want baie is geroep, maar min uitverkies.  

 

 

--

15


 

  Toe gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te verstrik.  

 

 

--

16


 

  En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie --  

 

 

--

17


 

  sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?  

 

 

--

18


 

  Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê:  

 

 

--

19


 

  Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt. En hulle het vir Hom 'n penning gebring.  

 

 

--

20


 

  En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?  

 

 

--

21


 

  Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.  

 

 

--

22


 

  En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.  

 

 

--

23


 

  Dieselfde dag kom daar na Hom Sadduseërs, hulle wat sê dat daar geen opstanding is nie, en vra Hom  

 

 

--

24


 

  en sê: Meester, Moses het gesê: As iemand sonder kinders sterwe, moet sy broer sy vrou trou en kinders vir sy broer verwek.  

 

 

--

25


 

  Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.  

 

 

--

26


 

  So ook die tweede en die derde tot die sewende toe.  

 

 

--

27


 

  En laaste van almal het die vrou ook gesterwe.  

 

 

--

28


 

  In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees -- want hulle almal het haar gehad?  

 

 

--

29


 

  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.  

 

 

--

30


 

  Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.  

 

 

--

31


 

  En wat die opstanding van die dode betref -- het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:  

 

 

--

32


 

  Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes.  

 

 

--

33


 

  En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.  

 

 

--

34


 

  En toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.  

 

 

--

35


 

  En een van hulle, 'n wetgeleerde, het 'n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:  

 

 

--

36


 

  Meester, wat is die groot gebod in die wet?  

 

 

--

37


 

  En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.  

 

 

--

38


 

  Dit is die eerste en groot gebod.  

 

 

--

39


 

  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  

 

 

--

40


 

  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.  

 

 

--

41


 

  En toe die Fariseërs saamgekom het, vra Jesus hulle  

 

 

--

42


 

  en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s'n.  

 

 

--

43


 

  Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê:  

 

 

--

44


 

  Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?  

 

 

--

45


 

  As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?  

 

 

--

46


 

  En niemand kon Hom 'n woord antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.  

 

 

--

MATTHEUS 23

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: