Afrikaans Bible

MATTHEUS 24

DIE EVANGELIE VOLGENS MATTHEUS

Return to Index

Chapter 25

1


 

  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.  

 

 

--

2


 

  En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.  

 

 

--

3


 

  En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.  

 

 

--

4


 

  Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.  

 

 

--

5


 

  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.  

 

 

--

6


 

  En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!  

 

 

--

7


 

  Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.  

 

 

--

8


 

  En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.  

 

 

--

9


 

  Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.  

 

 

--

10


 

  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.  

 

 

--

11


 

  Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!  

 

 

--

12


 

  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.  

 

 

--

13


 

  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.  

 

 

--

14


 

  Want dit is soos 'n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.  

 

 

--

15


 

  En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.  

 

 

--

16


 

  En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.  

 

 

--

17


 

  Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.  

 

 

--

18


 

  Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.  

 

 

--

19


 

  En n  'n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.  

 

 

--

20


 

  En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.  

 

 

--

21


 

  En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.  

 

 

--

22


 

  En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.  

 

 

--

23


 

  Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.  

 

 

--

24


 

  En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u 'n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;  

 

 

--

25


 

  omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.  

 

 

--

26


 

  Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.  

 

 

--

27


 

  Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.  

 

 

--

28


 

  Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;  

 

 

--

29


 

  want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.  

 

 

--

30


 

  En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.  

 

 

--

31


 

  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;  

 

 

--

32


 

  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;  

 

 

--

33


 

  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.  

 

 

--

34


 

  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.  

 

 

--

35


 

  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;  

 

 

--

36


 

  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.  

 

 

--

37


 

  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?  

 

 

--

38


 

  En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?  

 

 

--

39


 

  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?  

 

 

--

40


 

  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.  

 

 

--

41


 

  Dan sal Hy ook vir die aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.  

 

 

--

42


 

  Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.  

 

 

--

43


 

  Ek was 'n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.  

 

 

--

44


 

  Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of 'n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?  

 

 

--

45


 

  Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.  

 

 

--

46


 

  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.  

 

 

--

MATTHEUS 26

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: