Afrikaans Bible

MATTHEUS 28

DIE EVANGELIE VOLGENS MARKUS

Return to Index

Chapter 1

1


 

  Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.  

 

 

--

2


 

  Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak --  

 

 

--

3


 

  die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!  

 

 

--

4


 

  Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.  

 

 

--

5


 

  En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.  

 

 

--

6


 

  En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet.  

 

 

--

7


 

  En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom n  my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.  

 

 

--

8


 

  Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.  

 

 

--

9


 

  En in daardie dae het Jesus van N saret in Galil‚a gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.  

 

 

--

10


 

  En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal.  

 

 

--

11


 

  En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.  

 

 

--

12


 

  En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn.  

 

 

--

13


 

  En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.  

 

 

--

14


 

  En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galil‚a gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig  

 

 

--

15


 

  en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.  

 

 

--

16


 

  En terwyl Hy langs die see van Galil‚a loop, sien Hy Simon en Andr‚as, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.  

 

 

--

17


 

  En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.  

 

 

--

18


 

  En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.  

 

 

--

19


 

  En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebed‚s, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.  

 

 

--

20


 

  En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebed‚s met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.  

 

 

--

21


 

  En hulle het in Kap‚rnam gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.  

 

 

--

22


 

  En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.  

 

 

--

23


 

  En daar was in hulle sinagoge 'n man met 'n onreine gees; en hy het uitgeskreeu  

 

 

--

24


 

  en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasar‚ner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!  

 

 

--

25


 

  En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit!  

 

 

--

26


 

  En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.  

 

 

--

27


 

  En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?  

 

 

--

28


 

  En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galil‚a.  

 

 

--

29


 

  En dadelik toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andr‚as.  

 

 

--

30


 

  En die skoonmoeder van Simon het siek gelê aan die koors; en dadelik het hulle Hom van haar gesê.  

 

 

--

31


 

  Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien.  

 

 

--

32


 

  En toe dit aand geword het en die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was.  

 

 

--

33


 

  En die hele stad het by die deur saamgekom.  

 

 

--

34


 

  En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.  

 

 

--

35


 

  En vroeg in die môre , nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid.  

 

 

--

36


 

  En Simon en die wat by hom was, het Hom gevolg.  

 

 

--

37


 

  En toe hulle Hom vind, sê hulle vir Hom: Almal soek U.  

 

 

--

38


 

  En Hy sê vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; want daarvoor het Ek uitgegaan.  

 

 

--

39


 

  En Hy het die hele Galil‚a deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf.  

 

 

--

40


 

  En daar kom 'n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig.  

 

 

--

41


 

  En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!  

 

 

--

42


 

  En toe Hy dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig.  

 

 

--

43


 

  En nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg  

 

 

--

44


 

  en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot 'n getuienis vir hulle.  

 

 

--

45


 

  Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hy nie meer openlik in 'n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom.  

 

 

--

MARKUS 2

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: