Afrikaans Bible

LUKAS 1

DIE EVANGELIE VOLGENS LUKAS

Return to Index

Chapter 2

1


 

  En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.  

 

 

--

2


 

  Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cir‚nius goewerneur van S¡rië was.  

 

 

--

3


 

  En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.  

 

 

--

4


 

  En Josef het ook opgegaan van Galil‚a, uit die stad N saret, na Jud‚a, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,  

 

 

--

5


 

  om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.  

 

 

--

6


 

  En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;  

 

 

--

7


 

  en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.  

 

 

--

8


 

  En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.  

 

 

--

9


 

  En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.  

 

 

--

10


 

  En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,  

 

 

--

11


 

  dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.  

 

 

--

12


 

  En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.  

 

 

--

13


 

  En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:  

 

 

--

14


 

  Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!  

 

 

--

15


 

  En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.  

 

 

--

16


 

  En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.  

 

 

--

17


 

  En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van die Kindjie vertel is.  

 

 

--

18


 

  En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;  

 

 

--

19


 

  maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.  

 

 

--

20


 

  En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.  

 

 

--

21


 

  En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.  

 

 

--

22


 

  En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,  

 

 

--

23


 

  soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;  

 

 

--

24


 

  en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.  

 

 

--

25


 

  En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van S¡meon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.  

 

 

--

26


 

  En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.  

 

 

--

27


 

  En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,  

 

 

--

28


 

  het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:  

 

 

--

29


 

  Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,  

 

 

--

30


 

  omdat my oë u heil gesien het,  

 

 

--

31


 

  wat U berei het voor die oë van al die volke --  

 

 

--

32


 

  'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.  

 

 

--

33


 

  En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.  

 

 

--

34


 

  En S¡meon het hulle geseënen aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word --  

 

 

--

35


 

  ja, 'n swaard sal deur jou eie siel gaan -- sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.  

 

 

--

36


 

  En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van F nuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;  

 

 

--

37


 

  en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.  

 

 

--

38


 

  En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.  

 

 

--

39


 

  En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galil‚a, na hulle stad N saret.  

 

 

--

40


 

  En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.  

 

 

--

41


 

  En sy ouers was gewoond om elke jaar met die paasfees na Jerusalem te gaan.  

 

 

--

42


 

  En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.  

 

 

--

43


 

  En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.  

 

 

--

44


 

  Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle 'n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.  

 

 

--

45


 

  En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.  

 

 

--

46


 

  En n  drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.  

 

 

--

47


 

  En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.  

 

 

--

48


 

  En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.  

 

 

--

49


 

  En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?  

 

 

--

50


 

  En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.  

 

 

--

51


 

  En Hy het saam met hulle gegaan en in N saret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.  

 

 

--

52


 

  En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.  

 

 

--

LUKAS 3

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: