Afrikaans Bible

LUKAS 17

DIE EVANGELIE VOLGENS LUKAS

Return to Index

Chapter 18

1


 

  En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,  

 

 

--

2


 

  en gesê: Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.  

 

 

--

3


 

  En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.  

 

 

--

4


 

  En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,  

 

 

--

5


 

  tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.  

 

 

--

6


 

  Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.  

 

 

--

7


 

  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?  

 

 

--

8


 

  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?  

 

 

--

9


 

  En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.  

 

 

--

10


 

  Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een 'n Fariseër en die ander 'n tollenaar.  

 

 

--

11


 

  En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie -- rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.  

 

 

--

12


 

  Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.  

 

 

--

13


 

  En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!  

 

 

--

14


 

  Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.  

 

 

--

15


 

  En hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle hul bestraf.  

 

 

--

16


 

  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.  

 

 

--

17


 

  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.  

 

 

--

18


 

  En 'n sekere owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?  

 

 

--

19


 

  En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God.  

 

 

--

20


 

  Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.  

 

 

--

21


 

  En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.  

 

 

--

22


 

  En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou -- verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.  

 

 

--

23


 

  Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.  

 

 

--

24


 

  En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.  

 

 

--

25


 

  Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.  

 

 

--

26


 

  Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?  

 

 

--

27


 

  Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.  

 

 

--

28


 

  Toe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.  

 

 

--

29


 

  En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,  

 

 

--

30


 

  wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.  

 

 

--

31


 

  En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word.  

 

 

--

32


 

  Want Hy sal oorgelewer word aan die heidene en bespot en mishandel word, en op Hom sal gespuug word;  

 

 

--

33


 

  en nadat hulle Hom geg‚sel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.  

 

 

--

34


 

  Maar hulle het niks hiervan begryp nie, en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.  

 

 

--

35


 

  En terwyl Hy naby J‚rigo kom, sit daar 'n blinde man langs die pad en bedel;  

 

 

--

36


 

  en toe hy 'n skare hoor verbygaan, vra hy wat dit is.  

 

 

--

37


 

  En hulle vertel hom: Jesus die Nasar‚ner gaan verby.  

 

 

--

38


 

  Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!  

 

 

--

39


 

  En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!  

 

 

--

40


 

  En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom  

 

 

--

41


 

  en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien.  

 

 

--

42


 

  En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.  

 

 

--

43


 

  En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.  

 

 

--

LUKAS 19

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: