Afrikaans Bible

LUKAS 24

DIE EVANGELIE VOLGENS JOHANNES

Return to Index

Chapter 1

1


 

  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  

 

 

--

2


 

  Hy was in die begin by God.  

 

 

--

3


 

  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  

 

 

--

4


 

  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.  

 

 

--

5


 

  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.  

 

 

--

6


 

  Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.  

 

 

--

7


 

  Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.  

 

 

--

8


 

  Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.  

 

 

--

9


 

  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.  

 

 

--

10


 

  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.  

 

 

--

11


 

  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.  

 

 

--

12


 

  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;  

 

 

--

13


 

  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.  

 

 

--

14


 

  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon -- en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom -- vol van genade en waarheid.  

 

 

--

15


 

  Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat n  my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.  

 

 

--

16


 

  En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.  

 

 

--

17


 

  Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.  

 

 

--

18


 

  Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.  

 

 

--

19


 

  En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?  

 

 

--

20


 

  En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.  

 

 

--

21


 

  Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u El¡a? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.  

 

 

--

22


 

  Toe sê hulle vir hom: Wie is u? -- dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?  

 

 

--

23


 

  Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.  

 

 

--

24


 

  En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.  

 

 

--

25


 

  En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of El¡a of die profeet is nie?  

 

 

--

26


 

  Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie --  

 

 

--

27


 

  dit is Hy wat n  my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.  

 

 

--

28


 

  Dit het gebeur in Bet bara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.  

 

 

--

29


 

  Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: D  r is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!  

 

 

--

30


 

  Dit is Hy van wie ek gesê het: N  my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.  

 

 

--

31


 

  En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.  

 

 

--

32


 

  En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.  

 

 

--

33


 

  En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.  

 

 

--

34


 

  En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.  

 

 

--

35


 

  Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;  

 

 

--

36


 

  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: D  r is die Lam van God!  

 

 

--

37


 

  En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.  

 

 

--

38


 

  En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle:  

 

 

--

39


 

  Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi -- dit wil sê, as dit vertaal word, Meester -- waar is U tuis?  

 

 

--

40


 

  Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en die dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.  

 

 

--

41


 

  Andr‚as, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.  

 

 

--

42


 

  Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Mess¡as gevind -- dit is, as dit vertaal word, die Christus.  

 

 

--

43


 

  En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word C‚fas, wat vertaal word Petrus.  

 

 

--

44


 

  Die volgende dag wou Jesus na Galil‚a vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.  

 

 

--

45


 

  En Filippus was van Bets ida, uit die stad van Andr‚as en Petrus.  

 

 

--

46


 

  Filippus het Nat nael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van N saret.  

 

 

--

47


 

  En Nat nael sê vir hom: Kan daar uit N saret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.  

 

 

--

48


 

  Daarop sien Jesus Nat nael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.  

 

 

--

49


 

  Nat nael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.  

 

 

--

50


 

  Nat nael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!  

 

 

--

51


 

  Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit. [ (John 1:52) En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens. ]  

 

 

--

JOHANNES 2

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: