Afrikaans Bible

JOHANNES 16

DIE EVANGELIE VOLGENS JOHANNES

Return to Index

Chapter 17

1


 

  Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik --  

 

 

--

2


 

  soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.  

 

 

--

3


 

  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.  

 

 

--

4


 

  Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.  

 

 

--

5


 

  En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.  

 

 

--

6


 

  Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.  

 

 

--

7


 

  Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.  

 

 

--

8


 

  Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.  

 

 

--

9


 

  Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.  

 

 

--

10


 

  En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.  

 

 

--

11


 

  En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.  

 

 

--

12


 

  Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.  

 

 

--

13


 

  Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.  

 

 

--

14


 

  Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.  

 

 

--

15


 

  Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.  

 

 

--

16


 

  Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.  

 

 

--

17


 

  Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.  

 

 

--

18


 

  Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.  

 

 

--

19


 

  En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.  

 

 

--

20


 

  Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo --  

 

 

--

21


 

  dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.  

 

 

--

22


 

  En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.  

 

 

--

23


 

  Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.  

 

 

--

24


 

  Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.  

 

 

--

25


 

  Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.  

 

 

--

26


 

  En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.  

 

 

--

JOHANNES 18

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: