Afrikaans Bible

1 KORINTHËRS 11

1 KORINTHËRS

Return to Index

Chapter 12

1


 

  En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.  

 

 

--

2


 

  Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.  

 

 

--

3


 

  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.  

 

 

--

4


 

  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;  

 

 

--

5


 

  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;  

 

 

--

6


 

  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.  

 

 

--

7


 

  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.  

 

 

--

8


 

  Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;  

 

 

--

9


 

  aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;  

 

 

--

10


 

  aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale.  

 

 

--

11


 

  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.  

 

 

--

12


 

  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.  

 

 

--

13


 

  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.  

 

 

--

14


 

  Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.  

 

 

--

15


 

  As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie -- behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?  

 

 

--

16


 

  En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie -- behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?  

 

 

--

17


 

  As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?  

 

 

--

18


 

  Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.  

 

 

--

19


 

  As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?  

 

 

--

20


 

  Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.  

 

 

--

21


 

  En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.  

 

 

--

22


 

  Maar veel eerder is die lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;  

 

 

--

23


 

  en die lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,  

 

 

--

24


 

  terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,  

 

 

--

25


 

  sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.  

 

 

--

26


 

  En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.  

 

 

--

27


 

  Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.  

 

 

--

28


 

  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.  

 

 

--

29


 

  Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?  

 

 

--

30


 

  Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?  

 

 

--

31


 

  Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.  

 

 

--

1 KORINTHËRS 13

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: