Afrikaans Bible

EFESIËRS 2

EFESIËRS

Return to Index

Chapter 3

1


 

  Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is --  

 

 

--

2


 

  as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,  

 

 

--

3


 

  dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;  

 

 

--

4


 

  waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,  

 

 

--

5


 

  wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik  

 

 

--

6


 

  dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie  

 

 

--

7


 

  waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.  

 

 

--

8


 

  Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,  

 

 

--

9


 

  en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,  

 

 

--

10


 

  sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,  

 

 

--

11


 

  volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,  

 

 

--

12


 

  in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.  

 

 

--

13


 

  Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer.  

 

 

--

14


 

  Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,  

 

 

--

15


 

  van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang,  

 

 

--

16


 

  dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,  

 

 

--

17


 

  sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,  

 

 

--

18


 

  en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,  

 

 

--

19


 

  en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.  

 

 

--

20


 

  En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,  

 

 

--

21


 

  aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.  

 

 

--

EFESIËRS 4

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: