Afrikaans Bible

1 THIMOTHEUS 1

1 THIMOTHEUS

Return to Index

Chapter 2

1


 

  In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;  

 

 

--

2


 

  vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.  

 

 

--

3


 

  Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,  

 

 

--

4


 

  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.  

 

 

--

5


 

  Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,  

 

 

--

6


 

  wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,  

 

 

--

7


 

  waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel -- ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie -- 'n leraar van die heidene in geloof en waarheid.  

 

 

--

8


 

  Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.  

 

 

--

9


 

  So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,  

 

 

--

10


 

  maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.  

 

 

--

11


 

  Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.  

 

 

--

12


 

  Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.  

 

 

--

13


 

  Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.  

 

 

--

14


 

  En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.  

 

 

--

15


 

  Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.  

 

 

--

1 THIMOTHEUS 3

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: