Afrikaans Bible

1 THIMOTHEUS 4

1 THIMOTHEUS

Return to Index

Chapter 5

1


 

  'n Bejaarde man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos 'n vader, jongeres soos broers,  

 

 

--

2


 

  bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.  

 

 

--

3


 

  Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.  

 

 

--

4


 

  Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.  

 

 

--

5


 

  En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God en bly in smekinge en gebede nag en dag.  

 

 

--

6


 

  Maar sy wat losbandig is, is lewendig dood.  

 

 

--

7


 

  Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.  

 

 

--

8


 

  Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.  

 

 

--

9


 

  Laat 'n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het  

 

 

--

10


 

  en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het.  

 

 

--

11


 

  Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou  

 

 

--

12


 

  en kom onder 'n oordeel, omdat hulle hul eerste geloof verwerp het.  

 

 

--

13


 

  En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.  

 

 

--

14


 

  Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.  

 

 

--

15


 

  Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan.  

 

 

--

16


 

  As 'n gelowige man of 'n gelowige vrou weduwees by hulle het, moet die aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat dit die wat waarlik weduwees is, kan help.  

 

 

--

17


 

  Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.  

 

 

--

18


 

  Want die Skrif sê: Jy mag 'n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.  

 

 

--

19


 

  Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.  

 

 

--

20


 

  Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.  

 

 

--

21


 

  Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.  

 

 

--

22


 

  Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.  

 

 

--

23


 

  Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.  

 

 

--

24


 

  Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.  

 

 

--

25


 

  Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.  

 

 

--

1 THIMOTHEUS 6

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: