Afrikaans Bible

2 THIMOTHEUS 2

1 THIMOTHEUS

Return to Index

Chapter 3

1


 

  Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.  

 

 

--

2


 

  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,  

 

 

--

3


 

  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,  

 

 

--

4


 

  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;  

 

 

--

5


 

  mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.  

 

 

--

6


 

  Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,  

 

 

--

7


 

  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.  

 

 

--

8


 

  En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.  

 

 

--

9


 

  Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook die van daardie manne geword het.  

 

 

--

10


 

  Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,  

 

 

--

11


 

  vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antioch¡ë, in Ikonium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.  

 

 

--

12


 

  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.  

 

 

--

13


 

  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.  

 

 

--

14


 

  Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,  

 

 

--

15


 

  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.  

 

 

--

16


 

  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,  

 

 

--

17


 

  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.  

 

 

--

2 THIMOTHEUS 4

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: