Afrikaans Bible

TITUS 1

TITUS

Return to Index

Chapter 2

1


 

  Maar spreek jy wat by die gesonde leer pas.  

 

 

--

2


 

  Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.  

 

 

--

3


 

  Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,  

 

 

--

4


 

  sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,  

 

 

--

5


 

  ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.  

 

 

--

6


 

  Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees.  

 

 

--

7


 

  Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.  

 

 

--

8


 

  Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.  

 

 

--

9


 

  Die diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teëpraat nie;  

 

 

--

10


 

  hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier.  

 

 

--

11


 

  Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn  

 

 

--

12


 

  en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,  

 

 

--

13


 

  terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,  

 

 

--

14


 

  wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.  

 

 

--

15


 

  Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.  

 

 

--

TITUS 3

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: