Afrikaans Bible

JAKOBUS 2

JAKOBUS

Return to Index

Chapter 3

1


 

  Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons 'n groter oordeel sal ondergaan.  

 

 

--

2


 

  Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.  

 

 

--

3


 

  Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.  

 

 

--

4


 

  Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.  

 

 

--

5


 

  Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge -- kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.  

 

 

--

6


 

  Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.  

 

 

--

7


 

  Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.  

 

 

--

8


 

  Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is 'n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.  

 

 

--

9


 

  Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.  

 

 

--

10


 

  Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.  

 

 

--

11


 

  'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?  

 

 

--

12


 

  'n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of 'n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.  

 

 

--

13


 

  Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.  

 

 

--

14


 

  Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.  

 

 

--

15


 

  D¡t is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;  

 

 

--

16


 

  want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.  

 

 

--

17


 

  Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.  

 

 

--

18


 

  En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.  

 

 

--

JAKOBUS 4

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: