Afrikaans Bible

1 JOHANNES 3

1 JOHANNES

Return to Index

Chapter 4

1


 

  Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.  

 

 

--

2


 

  Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;  

 

 

--

3


 

  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.  

 

 

--

4


 

  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.  

 

 

--

5


 

  Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.  

 

 

--

6


 

  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.  

 

 

--

7


 

  Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.  

 

 

--

8


 

  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.  

 

 

--

9


 

  Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.  

 

 

--

10


 

  Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.  

 

 

--

11


 

  Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.  

 

 

--

12


 

  Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.  

 

 

--

13


 

  Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.  

 

 

--

14


 

  En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.  

 

 

--

15


 

  Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is -- God bly in hom, en hy in God.  

 

 

--

16


 

  En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.  

 

 

--

17


 

  Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.  

 

 

--

18


 

  Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.  

 

 

--

19


 

  Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.  

 

 

--

20


 

  As iemand sê: Ek het God lief -- en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?  

 

 

--

21


 

  En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.  

 

 

--

1 JOHANNES 5

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: